Thursday, September 9, 2010

ek het 'n issue met werk

die probleem is nie die werk soveel nie, dis die vroeg opstaan. 
en terwyl al wat jy moet doen, is om jouself gesig te was, bek te borsel, klere aan jou gat te sit, en betyds by die werk uit te kom.
maar dan vind jy die kat het in die kombuis gekots.  en die hond het explosive runs in jou badkamer gehad, teen die muur en als.  en jou vissie kyk jou aan asof hulle eeue laas graze gehad het.  en jou windscreen is so vol stof en birdshit, dat jy eers dit moet was.
en jy kry nie 'n vok klere wat bymekaar pas nie, en jou sexy jeans lyk fokken tos.  en jou hare, kom ons los liewer die hare uit die verhouding.
en jou tandeborsel proe soos hondpoepol.  nie dat ek nou sal weet hoe dit proe nie...
en vir een of ander rede ruik jou kar soos stale mcdonalds.  hoekom de fok is daar nie water in jou windshield wiper thingy nie?
wee jy!!!

dan sit jy vir hoe lank in die traffic, en probeer die fokkers oorreed dat jy nie moederfokkende naartjies wil koop nie.  of hangers.  of airfreshners nie.  en nee, dis nie fokken verniet nie.
en wat my gat krap, is die brakke met die flyers vir of die local sangoma, of een of ander real estate development.
lyk ek soos iemand wat 'n sangoma sal gebruik, eerstens.
en tweedens, check my kar jou dom fok, dis 'n fokken honda, en sy is moertoe en ancient.  die kanse dat ek 'n R1.5 million huis kan bekostig, is heel fokken skraal.
  pik by.

dan eventually, as jy jouself voor jou desk neermoer, en net 'n fokken koffie wil he, dan moet jy eers iemand met geweldadige moord dreig, want hulle praat eers everlasting kak oor laas nag se isidingo.
dan begin die mails inkom.
liewe jesus homself help jou as nie 'n behoorlike spam filter het nie.
daar is niks fout met my penis nie, dankie.
ek weet my liefdeslewe is shite, maar ek is oraait.
nee, ek wil nie jou pussy sien nie.
ek het die lotte gewen!?  fokken oraait!  o wag, dis waar?


dan, soek die baas all die goed teen 9:15.  ok, wats die tyd nou?  9:15.  faaantastic.
so jou koffie staan en koud raak op jou tafel, terwyl elke fokken elektroniese ding in die blixemse kantoor nie 'n fok wil werk nie.  en die moederfokkende ink is klaar.  jou cd writer wil nie 'n fok skryf nie.
en die baas is besig om 'n vein te pop, want hy het die mail teen 2am gestuur.  so wat is die fokken probleem?

en jy kannie eers 'n donnerse sigaret gaan rook nie, want jy fokken rook nie!
so jy staan ek kak praat in die kombuis, en kak en moan oor die traffic, die politicians, jou kak salaris, jou kak kar, jou bure se fokken noisy honde....
eventually, kom 5uur, en dit help nie eers jy probeer die traffic aandruf nie, want die taxis maak jou so de-blixem in, dat jy liewer by die werk sit, en wag totdat die traffic biekie uitchill.
so jy plak jou gat in jou kar teen 6:45, want jy het begin shit google, en biekie van die tyd vergeet.
en true's fuck, as jy in die mainroad indraai, staan die fokken traffic stil.
hoekom de fok!
is daar 'n ongeluk?
nee
is iemand raakgery?
nee
is daar 'n roadblock (jirre i hope not)
nee

nou wat die moer?

niks.  nie eers 'n fokken vuil pantie in die pad nie.

jy sluit oor voordeur oop, en die honde hol jou voete reg onder jou uit, en die katte trip jou oppad kombuis toe.  jy het jou soapie in sy moer in gemis.  en die nuus is fokken depressing.
jy is te kak-moeg om te kook, en jy is te honger om te slaap, so jy vreet corned beef en tamatie sous. 
en as jy eventually aan die slaap raak (want jou brein kannie tot ruste kom nie), dan seg iets vir jou.
more doen ons dit weer fokker!

Tuesday, August 31, 2010

Genesis remixed

eendag was die hippy dude wat in die lug bly, en hy was kak bored.  so sit hy die een oggend en krap kaas tussen sy tone, en kry 'n moerse brein-fart.
hy gaat vir homself 'n science project aanmekaarmoer.
since hy so effe superpowers het, begin hy sommer om lig en donker uitmekaar te sit, since hy nog altyd in hierdie grys inbetween kak gebly het,  dit was ook sommer tos.
toe kry hy 'n itch in sy ass, en nadat hy sy juik geblus het, toe sit daar 'n klingon teen sy vinger vas.  hy noem dit toe sommer aarde. 
na 'n paar uur se vinger ruik, besluit hy om water op sy science project te sit. hy moes eers google hoe om water te maak, since dit biekie meer complicated as die aarde self is.
en na 'n particularly goeie blunt, envision hy toe sommer plante en diere.  en hy skeem dit was radical en shit.  en hy vang 'n dos.
terwyl hy droom, check hy hierdie handsome dude om die strand hardloop, met so rooi speedo aan, borshare wat so wip elke keer as sy voet die sand slaan.
wel hippy dude word wakker met 'n meneer van 'n hard-on, and skeem hy moet planmaak.
hy gaan loop rond op sy science project aka aarde, en gryp sommer 'n handvol klei by die eerste bog, en begin 'n voodoo doll aanmekaar moer.  jy sien, dis voor polymers ontdek is, so blowup dolls is biekie out of the question.
anyhows.  die hippie dude maak toe die voodoo doll, en met 'n moerse cool party trick wat hy by lucifer geleer het, blaas hy asem in die kontrepsie in.
nou die bra was nou nie so handsome soos die ou in sy drome nie, maar hy kon seker maar doen.
sien, hippie dude is nou nie 'n drol nie, so hy skeem hy gaan die nuwe ou biekie wine en dine eers.  en hy skeem die ou moet seker ook 'n naam kry, so hy seg hom sommer adam.
vir die volgende paar dae try hippie dude elke trick in die boek: blomme, kittens, poetry.  maar fokkol kry adam interrested in hippie dude nie.
so toe strip hippie dude totally sy moer.  en terwyl adam slaap, skeem hy, hy gat vir hom gryp, rape en escape.
nou hippie dude het gerook voor hy af aarde toe gekom het, so terwyl hy besig was om adam te bekruip, blixem hy oor 'n klip neer in die donker, en val bo-op adam, wat oraait sou gewees het, as adam nie so kak befok kwaad was oor die hele mission nie.
'dude' se adam ' waddefok ou?'
hippie dude is nou nie so goed met kak-stories uitdink nie, so hy dink vinnig 'n bullshit uit, en seg hy het vir adam kom wakker maak dat hy vir hom 'n buddie op aarde kan gee.
so adam check hom sooooo uit, en hippie dude sien hy het nou sy gat in 'n riem.
nogsteeds biekie gerook, besluit hy sommer hy gaan 'n rib van adam vat, en hom vir 'n tweeling maak.
wel, obviously het hy nie mooi gekyk waddefok hy doen nie, want hy 'tweeling', se tottie is insanely klein, en hy het twee huge ballas op sy borskas. 
dit was nou biekie van 'n fokkop.
maar adam check die storie so, en hy skeem dis lekker, dankie.
hippie dude is nie vreeslik happy nie, so hy fokkof na sy eie pozzie, en gaan sulk.

in die meantime het satan die hele storie so sit en bekyk op youtube, en geskeem dis die snaakste, meer perverte shit wat hy nog ooit gecheck het.  en since hy dink hippie dude is so effe van 'n douchebag, skeem hy, dat hier is opportunity om hectic kak aan te jaag.

nou adam, en die nuwe gevreet, wat hy sommer eva genoem het, cruize deur die pozzie wat die sky dude gemaak het, en dis lekker, want almal is kaalgat, en daar is strawberries orals.  nou mens weet wat strawberries aan 'n girl doen.  so daar word erg en aanhoudend gepomp.

hippie dude like dit fokkol, en is kak jaloers, so hy besluit om drol op homself te trek, en maak hierdie boom, wat hectic lekker vrugte dra, soveel so dat die birds hulleself morsdood vreet aan die goed.  en omdat hy 'n poepol is, se hippie dude vir die twee, dat hulle nie van die boom se vrugte mag eet en of brannewyn stook nie.

dit was sommer kak, dink hulle, maar whatever.

dit gaan als moerse in paradise,  daar is bunnies en bokkies die wereld vol, en eva se gat word goed rond van al die strawberries vreet.  adam lyk so biekie dun om die kiewe, en hy skeem hy moet chill van al die gepomp, want hy gaan nou uitmekaar moer.  hy fokkof biekie op 'n fishing trip om van eva af weg te kom.  sy nag hom anyway te veel oor die donnerse blomme in die tuin, die bome, die gras....

so eva is bored en shit, en sy check die boom, en sy check iets blink in die blare, en haar ogies gaan soos casino lights!
meantime, het lucifer homself in 'n slang verander, natuurlik, gladnie phallic in nature nie.
hy tjune eva, kom chow die vruggies bokkie, dis kak lekker, en dit sal jou leer hoe om te colour co-ordinate.
nou daar is mense wat seg dat eva moerse gebattle het met haar conscience oor die besluit, maar ek kan se, dis 'n kak storie.  sy gryp daai vrug so vinnig, dat die slang sy kak of skrik.

eva graze daai vrug moerse, en skeem dit helse lekker, en vreet haarself stukkend.
nadat adam terug is van sy sulk session, check hy sy girl sit onder die boom, en lyk heel aangenaam.
nou mense sal ook se dat eva vir adam verlei het met die vrug, dis ook 'n bullshit storie.  adam het sommer op eva se kop getrap om teen die stam uit te kom.
lang storie kort.
altwee het hulle gatte af gevreet, en dit was moerse.

satan, die mak fokker wat hy is, sit die hele mission op youtube en facebook, en maak seker hippie dude word getag.

teen die tyd wat hippie dude eventually ophou farmville speel het, en sy updates gechek het, het al die arch-angels en demons lankal 'n moerse debate oor die hele storie gehad, en fan pages op Facebook gemaak.

nou hippie dude het gladnie gedink dis fokken snaaks nie.  en sy moer was erg bitter oor almal gedink het dis 'n moerse grap.

hy corner vir adam en eva in die tuin, en tjune hulle 'waddefok?!"
adam flip hom die bird, en gaan voort om eva te probeer oortuig vir 'n threesome met lilith.

nou hippie dude gooi sy toys one time, en blixem hulle by die tuin uit, en seg vir adam ' kak sal jy kak fokker.  niks meer freebies vir jou nie.  behalwe as jy vir die ANC werk'

vir eva seg hy 'jou hoerslet van gam.  jy sal babies by jou whatsit uitdruk en jy sal kak.  en jy sal sukkel met seluliet en spatare en zits vir fokken ewig!'

hippie dude fok terug na sy pozzie toe, en los adam en eva in die middel van fokken nerens in brixton.

laas wat ek gehoor het, verkoop adam car-chargers en hangers.  en eva turn tricks op die hoek van rivonia and grayston. ek hoor haar pryse vir 'n blowie is heel redelik.

Monday, August 30, 2010

ek het 'n fokken probleem met Taxi's

ja wel, wie de fok het nie?
maar seriously.  hoe de moer werk dit?
ek is erg patient, ek sit heel rustig in die traffic en wag soos die res van die fokkers om eendag by die huis te kom.
dan kom die epic douche moederfokker ass-blixem, en druk tussen ons in.  nou ek is van die oortuiging, dat daar iets soos 'n following distance moet wees, net incase die mak moer voor my so besig is om met sy skelmpie te klets, dat hy skielik sy hele windscreen vol hummer het, en sy crocs reg deur sy kar se vloer moet druk om nie 'n engine op sy skoot te kry nie.  tipies het ek nie tyd, lus of energie om met een of ander dom donner te argumenteer oor wie se skuld die fokkop eintlik is nie.
so, ek hou 'n gap tussen my en die volgende kar, and true's fuck, sal die hond daar probeer insqueeze.  dan sal die fokker my die OOG gee.  as if ek nou in my pantie gaan skyt en hom 'n gap gee.
nou luister, jou mak blixem.  wag jou fokken beurt, sit jou donnerse flicker aan, en WAG.  as ek so fokken inclined voel, sal ek jou inlaat.  andersins.  WAG JOU FOKKEN BEURT.
nou kyk, ek het 'n insident gehad laasjaar, waar my kar teen 'n bult afgemoer het, en my kar se neus het 'n re-alignment gehad.  so sy lyk maar effe kak.
so ek het tipies nie 'n moerse probleem om in iemand aan daai kant vas te moer nie.  ek soek anyway 'n rede om verskering te claim, so bring it bitch.
maar nou ja, ek het nie regtig genoeg pepperspray om met vol taxi en sy driver te deal nie.  en my mes lyk ook net intimidating as jy nie 'n gypsy skirt dra en pienk strikkies in jou hare het nie.  verstaan?
maar ek is ook maar 'n ander blixem.  my kar radio is nie meer so kosher nie, so ek luister music op my cell, met earphones in, so ek is in general heel fokken oblivious, so hulle kan maar ref en my aankyk tot die hoenders huistoe kom, ek sit salig voor my en uitstaar.  en druk hom 'n mental pit.
dit sou amper leefbaar gewees het, as die moere nie nog rooi ligte skip, stof maak deur op die sypaadjie te ry nie, in die middel van die donnerse pad te stop.... ek meen fokken regtig.
as ek 'n man was, sou ek al lankal in die tronk opge-eindig het, want ek sou iemand hard en aanhoudend gemoer het.  hard en aanhoudend, seg ek.
die res van ons fokkers kan normaal bestuur, en stop by 'n donnerse rooi lig.  of wat?
nee, die mak doos moer reg voor jou in!
ek het al 'n paar keer sooo gekyk, en 'n mental image gehad van hoe die fokker iemand des moers gaan ry.  gelukkig was ek nognie witness nie.  ek wil ook nie.
en hulle hiper kak bestuur-kuns, vryf af aan die res van die populasie.  monkey see, monkey do.  almal begin kak bestuur.  en dis nie net eers 'n swart/wit ding nie.  almal bestuur kak.
en lyk my, hoe groter jou 4x4, hoe meer soos 'n doos ry jy.  dalk probeer die peopol opmaak vir sy klein tottie.  wanker.
hierdie curb-jumpers is anyway nie 'n fokken 4x4 nie, asshat, dis 'n fokken yuppie kar, en jy is poes. dankie.
anyway, taxi's......
ek is gelukkig dat ek nie regtig in traffic hoef te sit nie, ek loop eers 9uur by die kantoor in, en verkas eers teen so 6uur.  dis dalk ook maar beter so, want die fok weet, as ek 'n donnerse plooi moet ontwikkel omdat ek my ewige moer gestrip het vir die mak wetter, sal ek dalk net invest in 'n bazooka....

oraait well fine

na heel gepla oor my particular manier van epic kak praat, en my office buddy en sy pa my kakbyt oor 'n boek skryf (as if boet), sal ek maar myself wend aan die interwebs.
ja, ek gaan vloek.
ja, ek gaan kak praat.
ja, ek gaan inevitably iemand afpiss.
en wee jy fokken wat?  bou 'n brug dude. srly.
as ek meer as 'n jaar se mindfuckings van my ex kon oorleef, is jou nat pantie niks om oor huistoe te skryf nie.
ek is jonk, bemoerd, en ek het 'n issue met fokken baie goed.
HOSS JA!