die probleem is nie die werk soveel nie, dis die vroeg opstaan.
en terwyl al wat jy moet doen, is om jouself gesig te was, bek te borsel, klere aan jou gat te sit, en betyds by die werk uit te kom.
maar dan vind jy die kat het in die kombuis gekots. en die hond het explosive runs in jou badkamer gehad, teen die muur en als. en jou vissie kyk jou aan asof hulle eeue laas graze gehad het. en jou windscreen is so vol stof en birdshit, dat jy eers dit moet was.
en jy kry nie 'n vok klere wat bymekaar pas nie, en jou sexy jeans lyk fokken tos. en jou hare, kom ons los liewer die hare uit die verhouding.
en jou tandeborsel proe soos hondpoepol. nie dat ek nou sal weet hoe dit proe nie...
en vir een of ander rede ruik jou kar soos stale mcdonalds. hoekom de fok is daar nie water in jou windshield wiper thingy nie?
wee jy!!!
dan sit jy vir hoe lank in die traffic, en probeer die fokkers oorreed dat jy nie moederfokkende naartjies wil koop nie. of hangers. of airfreshners nie. en nee, dis nie fokken verniet nie.
en wat my gat krap, is die brakke met die flyers vir of die local sangoma, of een of ander real estate development.
lyk ek soos iemand wat 'n sangoma sal gebruik, eerstens.
en tweedens, check my kar jou dom fok, dis 'n fokken honda, en sy is moertoe en ancient. die kanse dat ek 'n R1.5 million huis kan bekostig, is heel fokken skraal.
pik by.
dan eventually, as jy jouself voor jou desk neermoer, en net 'n fokken koffie wil he, dan moet jy eers iemand met geweldadige moord dreig, want hulle praat eers everlasting kak oor laas nag se isidingo.
dan begin die mails inkom.
liewe jesus homself help jou as nie 'n behoorlike spam filter het nie.
daar is niks fout met my penis nie, dankie.
ek weet my liefdeslewe is shite, maar ek is oraait.
nee, ek wil nie jou pussy sien nie.
ek het die lotte gewen!? fokken oraait! o wag, dis waar?
dan, soek die baas all die goed teen 9:15. ok, wats die tyd nou? 9:15. faaantastic.
so jou koffie staan en koud raak op jou tafel, terwyl elke fokken elektroniese ding in die blixemse kantoor nie 'n fok wil werk nie. en die moederfokkende ink is klaar. jou cd writer wil nie 'n fok skryf nie.
en die baas is besig om 'n vein te pop, want hy het die mail teen 2am gestuur. so wat is die fokken probleem?
en jy kannie eers 'n donnerse sigaret gaan rook nie, want jy fokken rook nie!
so jy staan ek kak praat in die kombuis, en kak en moan oor die traffic, die politicians, jou kak salaris, jou kak kar, jou bure se fokken noisy honde....
eventually, kom 5uur, en dit help nie eers jy probeer die traffic aandruf nie, want die taxis maak jou so de-blixem in, dat jy liewer by die werk sit, en wag totdat die traffic biekie uitchill.
so jy plak jou gat in jou kar teen 6:45, want jy het begin shit google, en biekie van die tyd vergeet.
en true's fuck, as jy in die mainroad indraai, staan die fokken traffic stil.
hoekom de fok!
is daar 'n ongeluk?
nee
is iemand raakgery?
nee
is daar 'n roadblock (jirre i hope not)
nee
nou wat die moer?
niks. nie eers 'n fokken vuil pantie in die pad nie.
jy sluit oor voordeur oop, en die honde hol jou voete reg onder jou uit, en die katte trip jou oppad kombuis toe. jy het jou soapie in sy moer in gemis. en die nuus is fokken depressing.
jy is te kak-moeg om te kook, en jy is te honger om te slaap, so jy vreet corned beef en tamatie sous.
en as jy eventually aan die slaap raak (want jou brein kannie tot ruste kom nie), dan seg iets vir jou.
more doen ons dit weer fokker!
No comments:
Post a Comment